Welkom by Prolingua!
Prolingua is 'n vereniging vir Afrikaanse en Engelse taalpraktisyns uit 'n baie wye spektrum van vakgebiede.
Van Prolingua se doelstellings is om:
- vakterme en tekste wat hulle tot standaardisasie leen, so ver moontlik te standaardiseer;
- die gehalte van vertalings oor die algemeen te verbeter;
- lede geleentheid te gee om hulle vertaal- en terminologieprobleme onderling te bespreek;
- self, of in oorleg met deskundiges of in samewerking met ander instansies, vakwoordelyste op te stel en sulke woordelyste aan lede van Prolingua beskikbaar te stel of dit te publiseer;
- ter bereiking van die doelstellings, met ander liggame soos vertaal- en woordeboekinstansies saam te werk; en
- lede ingelig te hou oor 'n breë spektrum van vakgebiede by wyse van praatjies, besoeke, ensovoorts.
Ons vergader maandeliks om die beurt in Pretoria en Johannesburg. Die Pretoria-vergaderings vind die tweede Woensdag van die maand by die Tshwane Munisipaliteit in Centurion plaas in Kamer I-52 van die Ingenieursgebou. Die Johannesburg-vergaderings vind die tweede Dinsdag van die maand in Roodepoort by Unisa se Florida-kampus plaas in C-blok (GJ Gerwel-gebou), Kamer 601.
Ons het 'n aantal e-poslede wat elders woon en dus nie vergaderings kan bywoon nie, maar ywerig per e-pos meedoen! Hierdie lede ontvang al die agendas, notules en termlyste per e-pos sodat hulle ook op hoogte is van Prolingua se werksaamhede.
Daar is tans drie klasse lidmaatskap: erelede, individuele lede (R110 per jaar) en korporaatlede (R530 per jaar). Pensioenarisse se ledegeld is R55 per jaar. Lidmaatskap hou bepaalde voordele in. Vir meer inligting en om aan te sluit, klik hier.
Prolingua is 'n regspersoon sonder winsoogmerk.
Kontak ons gerus by prolingua99@yahoo.com